News

Belfast se Ackermans vroegmore deur bende gewapende rowers oorval

Die rowers het vir die slagoffers gesê om rustig te wees en dat die rooftog "net twee minute sou duur".

Belfast se Ackermans is vanmore net na 09:00 deur ‘n groep van ses gewapende rowers geteiken.

Mnr. Bertie van Niekerk, ‘n plaaslike paramedikus, vertel dat kollegas van hom wat aan diens was, vinnig by die winkel ingeloer het.

‘n Groep mans wat in die winkel was, het toe wapens uitgepluk en almal in die winkel na die stoorkamer gelei.

Daar is hulle beveel om op die grond te gaan lê en stil te bly.

Die rowers het vir die slagoffers gesê om rustig te wees en dat die rooftog “net twee minute sou duur”.

Daar was ook personeel van korrektiewedienste in die winkel tydens die rooftog.

Die bende rowers het met selfone, klere en geld wat in die kasregister was, op die vlug geslaan.

‘n Kliënt wat na die roof die winkel in is, het onraad vermoed in die leë winkel en geroep.

Personeel het toe om hulp geskreeu.

Die deur van die stoorkamer is toe oopgeskop, en die polisie is ontbied.

Niemand is in die rooftog beseer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button