News

Vrou sterf na haar voertuig op grondpad rol

’n Vrou het gistermiddag net na 16:00 in ’n ongeluk op die grondpad naby Olifants River Lodge gesterf.

Lyzanne du Plessis (42) is op die toneel dood verklaar.

Haar suster, Charmain, sê hulle vermoed die stof van ’n verbygaande voertuig en die son het haar vir ’n oomblik verblind, waarop haar voertuig die pad verlaat en gerol het.

Me. Du Plessis was die afgelope agt jaar op Middelburg en het nadat sy haar werk verloor het, haar ma, Tertia Ellis, op die plaas gehelp.

Sy was vanaf Middelburg na die plaas op pad, toe die ongeluk naby die afdraai van die plaas (net ’n entjie voor Olifants River Lodge) gebeur het.
Haar familie het haar beskryf as ’n saggeaarde, behulpsame omgeemens.

Me. Du Plessis word oorleef deur haar ma, Tertia, suster Charmain en broers Mark en Jacques.

•Die familie sal vandag begin om begrafnisreëlings te tref.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button