News

KYK: Geboeide man by vulstasie in kar geboender

Plaaslike veiligheidsgroepe is op bystand nadat ’n man, volgens veiligheidsgroepe in eMalahleni, minute gelede geboei en agter in ’n silwerkleurige Toyota geboender is.

Die video wys hoe die man met een van sy ontvoerders stoei om weg te kom, voordat ’n ander ontvoerder sy makker help om die man agter in die voertuig in te dwing, voordat dit wegjaag.

Die ontvoering het volgens inligting wat versprei word by Engen Broadway Motors plaasgevind.

In die skokvideo staan ’n petroljoggie en toekyk hoe die man sy bes probeer om van sy ontvoerders af weg te kom.

Plaaslike veiligheidsgroepe is op gereedheid geplaas en hou roetes rondom Middelburg fyn dop, omdat dit onseker is in watter rigting die ontvoerders gevlug het.

Die vulstasie self weier om enige inligting bekend te maak, ten spyte van pleidooie dat die man se lewe beslis in gevaar is.

Daar is wel bevestig deur die vulstasie “dat alles wat hier gebeur het aan die polisie oorhandig is”.

Die motor het ’n Natalse nommerplaat: NJ 93550.

Die eMalahleni polisie skakelbeampte kon nie bereik word vir kommentaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button