Brab-Brab Inn is op die ‘kassie’
Middelburg se eie motor museum word in twee episodes op die kassie uitgesaai en inwoners kan vanuit hulle sitkamer, ’n virtuele toer op DStv geniet!
Victor Henning en Eugene Birkholtz vertel dat hulle motor museum wat bekend staan as Brab-Brab Inn, op All Things Motoring (kanaal 189) gewys word.
Die kort reeks bestaan uit twee episodes, die eerste waarvan reeds verlede naweek, Saterdag en Sondag gebeeldsend is.
Victor sê opgewonde dat die tweede episode eerskomende Saterdag om 12:00 en weer Sondag om 18:00 sal wys, en dan bedags herhaal word.
Brab-Brab Inn bestaan al vir agt jaar, die museum het motors en motorfietse van omtrent elke model en elke jaar.
“Ons oudste motor kom van 1949 en ons jongste 2009.”
Hy vertel ook dat dit vir hulle ’n groot voorreg is om op All Things Motoring te verskyn.
“Ons is ook reeds deur Kwêla genader, en hoop om binnekort weer op televisie te wees.”
Die museum is ook oop vir die publiek, en mense word aangemoedig om besprekings te maak met Victor by 084 513 9543.
Die eerste episode kan hier gesien word:
