News

Spookspruit pikswart van besoedeling

Inwoners en boere in die omgewing van die ou Witbankpad word gewaarsku om nie gebruik te maak van die Spookspruit water nie, nadat erge besoedeling deur inwoners waargeneem is.

Videos en foto’s wat op sosiale media gesirkuleer word wys dat die spruit se water pikswart is, en daar word verneem dat steenkoolstof vir die besoedeling verantwoordelik is.

Die spruit loop tussen Middelburg en Witbank langs die R555, en voer water na Loskopdam.

Die besoedeling is aan die relevante departement gerapporteer en daar word gewaarsku dat die water nie gedrink word of vir vee gebruik word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button