News

Kabels gesteel wat Dierepark krag moes gee

Die kragkabels wat gister ingesit is om die Amora Dierepark, wat onlangs na die Middelburg Stasie getrek het, van elektrisiteit te voorsien, is laasnag gesteel.

’n Moedelose me. Marietjie Britz sê die kabel het R9 000 gekos en met die arbeid daarby is dit meer as R10 000.

Boonop het die booswigte die heining, wat sy ook by die Dierepark opgesit het, beskadig deur ’n stuk oop te sny.

“Ons het bykans géén inkomste verdien in Desember nie en in Januarie nie ’n sent gemaak om die Dierepark in stand te hou nie. Die Kersmark Desember kon weens die reën net drie keer oopmaak en Januarie het ons oorgetrek na die stasie toe.”

Sy sê die ideaal sal wees om net nou vir ’n week of wat ’n sekuriteitsbeampte te hê om alles op te pas tot die kabels gelê en alles op hul plek is.

“Ons kan dit eenvoudig net nie bekostig nie.”

• Die diefstal ten spyt, gaan hulle beslis Saterdag deel wees van die Vlooimark wat die Middelburg Stasie aanbied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button