News

Petrolbomaanvalle: Horlosies soek eienaars na sentrum tragedie

Teintalle horlosies, insluitende staanhorlosies, sakhorlosies en polshorlosies, is reeds aan eienaars terugbesorg na die verwoestende brand by Horlosie Kliniek by Fountain Corner, waar die eienaar, Willie Bester, homself voorverlede Donderdag in sy winkel om die lewe gebring het.

Hy het die winkel aan die brand gesteek nadat hy die naburige winkel, Jud’sies, met petrolbomme bestook, en ook op die eienaars Frikkie en Judy-may Kapp, geskiet het.

Bester was vir jare in ’n vete met die Kapps gewikkel weens verskille oor parkering by die sentrum.

Bester se huurkontrak het die einde September verstryk en is nie hernu nie.
Hy sou teen die einde van vandeesmaand die winkel moes ontruim.

Die kontrak wat nie hernu is nie, was eindelaaste die strooi wat die kameel se rug gebreek het.

Bester, wat vir sy winkel en kliënte geleef het, was sy kliënte egter tot die einde toe goed gesind en het alle horlosies in die winkel verwyder, voor die verwoesting.
Hy het al die horlosies by sy huurplek gestoor, waar sy landheer, me. Elaine Putter, nou kliënte behulpsaam is om hul eiendom te herwin.

Me. Zelda Gericke sê dat haar man vier horlosies, en haar seun een Rolex horlosie, by Bester gehad het vir herstelwerk.
Twee horlosies, ’n Omega en ’n BadBoy horlosie, is reeds aan hulle terugbesorg.

Me. Putter kon egter tot nou toe nog nie deur al Bester se kartondose gaan nie, en daar is nog ’n paar wat oopgemaak moet word.
Sy sê egter dat sy oortuig is die Rolex, ’n Fossil en ’n Hallmark van die Gerickes, in een van die toe dose gevind sal word.

Me. Putter hanteer sowat drie navrae vir horlosies per dag sedert die tragedie.

Sy sê dat tientalle horlosies, verskeie daarvan antieke stukke, reeds aan eienaars terugbesorg is.
Van die horlosies wat herwin is, was meer as 80-jaar, en ouer.

’n Versamelaar van Johannesburg het vier horlosies by Bester gehad, waarvan twee sakhorlosies uit die Eerste Wêreldoorlog dateer.

Baie van die horlosies het diep sentimentele waarde vir die eienaars en me. Putter sê baie is verlig gelaat deur Bester se goedheid om die horlosies voor sy aanval in veilige bewaring te plaas.

Kliënte van Bester wat nog na horlosies soek kan me. Putter by 082 786 0928 skakel.

•Lees in hierdie week se Middelburg Observer: “Willie se laaste waarskuwing”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button