News

Skoot eis lewe van Fountain Corner aanvaller

Willie Bester het sekondes nadat hy Jud'sies eienaars, Frikkie en Judy-may Kapp, met petrolbomme bestook en ook sy eie winkel, die Horlosie Kliniek, aan die brand gesteek het, ’n rewolwer teen sy slaap gedruk en die sneller getrek.

Die aanval en selfdood het sekondes geduur.

Bester het twee weke gelede op ’n Donderdagmiddag, kort na toemaaktyd, na Jud’sies geloop, drie petrolbomme na die Kapp egpaar geslinger en toe gehardloop om ’n rewolwer te gaan haal.

Terwyl mnr. Kapp die brand in Jud’sies probeer blus het, het Bester verskeie skote op die paartjie in die winkel gevuur.
Hierna het hy sy eie voertuig voor sy winkel aan die brand gesteek.

In die harwar het verskeie mense, insluitende ’n tandartsassistent en Bester se suster Petro se lewensmaat Willie Pretorius, uitgegaan om te kyk wat gebeur, toe daar op hulle geskiet is.

Bester het hierna sy eie winkel aan die brand gesteek voordat hy homself om die lewe gebring het.

Die inligting is deur ’n polisiebron bevestig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button