News

Brand, man dood in kamer gekry, boer gearresteer

’n Jong boer van die Stoffberg omgewing is oor die naweek deur die Laersdrif polisie gearresteer op ’n klagte van moord.

Daar word verneem dat die saak nie op die hofrol geplaas is nie en die jongman laat gaan is, aangesien daar op hierdie stadium nie enige bewyse van moord is nie.

• Daar was ’n brand op die spesifieke plaas en daar is gesien hoe die brand gestig word.
Die polisie is gebel, maar het nie uitgekom na die klagte toe nie.

’n Dag later is ’n bejaarde man dood in ’n kamer gekry waar hy bly, in die omgewing.

Die oorledene se familie is na die Laersdrif polisie, waar hulle die jong man en later ook sy sussie van moord beskuldig het. Lede van die EFF het hulle vergesel na die polisiestasie.

Die jong man is kort daarna gearresteer.

• Op hierdie stadium is daar geen klinkklare bewyse dat daar gemene spel vermoed word met die bejaarde man se afsterwe nie.

• Omdat die jong boer nie formeel aangekla is nie, kan sy naam nie bekend gemaak word nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button