News

Sò maklik is dit om in te breek

Fort Knox is nie meer goed genoeg om diewe af te weer nie!

Dis nou so maklik om by huise in te breek, selfs kinders kan dit doen!

Margareth Swartz van Kanonkop het ’n “snaakse voorwerp” in hulle erf gekry na ’n diefstal.
Dit het later geblyk diewe het die voorwerp gebruik om hulle sekuriteitshekke oop te sluit.

Die gesin se solarligte is oor die naweek gesteel en die dief het waarskynlik toe die voorwerp laat val.

Hulle was gister in die erf besig toe hulle die stokkie met twee skroewe op in die tuin gekry het.

“Toe ons die ding optel, het my 12-jarige seun gesê dat hy toevallig ’n video op YouTube gesien het van hoe soortgelyke voorwerpe gebruik word om slotte oop te sluit.”

Hy het toe die sekuriteitshek oopgesluit en later ook, om te wys hoe maklik dit is, die bure se sekuriteitshek oopgesluit.

“Ons het ’n lid van die GPF in kennis gestel van die geval, en toe wys hy vir ons dat ’n gewone sleutel ook hierdie sekuriteitshekke kan oopsluit.”

Margareth het gesê dat die diewe veral tydens beurtkrag baie aktief in hulle area is.

• Joe van Rooyen, van GPF Sektor 4, het bevestig dat hulle ’n toename in misdaad beleef, maar dat hierdie voorwerp die eerste geval is waarvan hy kennis dra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button