News

Vinnige optrede kry kabels naby N4 terug

Met vinnige werk deur ’n inwoner van Waterval Boven is groot rolle kabels teruggevind wat gesteel is.

Mnr. Hennie Fourie vertel dat groot gedeeltes van Waterval-Boven vanaf 19:00 gisteraand sonder krag was weens kabeldiefstalle.

Vroeg vanoggend het hy gesien hoe drie verdagtes oor die spoorlyn loop met groot rolle kabels en het gewonder of dit nie iets te doen het met die kragprobleem nie (die spoorlyn loop naby sy huis verby).

Hy het dadelik vir rdl. Amanda Botha (DA raadslid) daarvan in kennis gestel, wat op haar beurt vir Robert van Wyk (JHD Protection Services) gekontak het.

Mnr. Van Wyk het mnr. Fourie opgelaai en hulle het omgery N4 se kant toe, aangesien die drie verdagtes in daardie rigting gehardloop het.
Rdl. Botha het ook haar seun, Jaco, en nog ’n inwoner, mnr. André Grové, gestuur om te help.

Die boewe het hul morsdood geskrik toe hulle al die manne gewaar, waarop hulle al die kabels neergesmyt en laat spaander het na die woongebied langs Waterval-Boven.

Rdl. Botha het die kabeldiefstalle aangemeld en is gevind dat dit by Transnet (spoorweg) gesteel is.
’n Ingenieur is in kennis gestel en die kabels aan hulle oorhandig.

Rld. Botha het met ’n stemboodskap almal betrokke bedank vir hulle vinnige reaksie.

“’n High five vir al die die manne. Baie dankie, julle maak ons trots!”

•JHD Protection Services is ’n sekuriteitsfirma op dié dorp.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button