Advertorial

KYK: Kersinkopies kan ’n avontuur wees

By Johnny’s Bargain World is daar nie net iéts van alles nie - die winkel hét alles

Hoe ongelooflik dit ookal mag klink, is Kersfees net twee maande weg en winkeleienaars het reeds “Geseënde Kersfees”-versierings aangebring.

Sommige mense het net eenvoudig die slag om vinnig ’n geskenk uit te soek, terwyl daar ander is wat vir ure in winkels ronddwaal sonder om te kan besluit wat om te koop.

Vir diegene “wat alles het”, is dit ook moeilik om ’n geskenk te koop, terwyl sommige mense so kieskeurig is dat jy nooit weet wat om vir hulle te koop nie.
Middelburg is daarom gelukkig om Johnny’s Bargain World te hê.

Een groot avontuur

Om Kersgeskenke te koop, hoef nie ’n geswoeg te wees nie, maar een groot avontuur.
Johnny’s Bargain World is nie ’n pandjieswinkel nie – hulle koop en verkoop items.

Vandat die winkel oopgemaak het, het hulle soveel voorraad opgebou dat nog ’n winkel eersdaags in die Eastdene-kompleks open.
Die winkel het van slimhorlosies tot antieke meubels, skilderye, fietse en gereedskap – noem dit en jy sal dit by Johnny’s kry.

Die Middelburg Observer gaan die volgende paar weke wys wat inwoners by Johnny’s Bargain World kan aanskaf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button