News

Kaalvoet man met baard dalk verdwene Renier

’n Kaalvoet man met baard, het ’n vrou laat dink dat sy ’n hawelose op die ou Belfastpad gesien het, maar sy glo nou dit kan Renier van Niekerk wees, wat sedert gister vermis word.

Me. Zuané Potgieter het gister laat op Facebook gesien dat daar na mnr. Van Niekerk gesoek word en sy het besef die man wat sy gesien het, pas die beskrywing van mnr. Van Niekerk.

Sy het omstreeks 13:20 op die ou Belfastpad gery om haar kind vir perdrylesse te neem.

“Sowat 300 meter vanaf die plek waar die prostitute gewoonlik sit, naby die Rustique afdraai, het hy aan die oorkant van die pad geloop. Omtrent daar waar die mense onwettig hul vullis aan die kant van die pad stort.”

Lees ook: 

Man se verdwyning: “Daar is groot fout!”

Me. Potgieter het in die rigting van die Middelburgdam gery en die man het terug gestap oorkant die pad in Middelburg se rigting.
Dit was vir haar vreemd om hom daar te sien.

“Daar is gereeld mense van die informele nedersettings wat daar loop en fietsryers op die pad, maar dit is die eerste keer dat ek hom daar gesien het.”

Nadat sy die Facebookplasing van me. Michelle van Niekerk (mnr. Van Niekerk se vrou) gesien het, het die prentjie van die man met die baard weer by haar opgekom.

“Hy het ook donker klere aangehad en ’n baard. En ek is byna seker hy was kaalvoet!”

• Sowat drie ure nadat me. Potgieter vir mnr. Van Niekerk op die ou Belfastpad gesien het, is hy op die brug oor die N4 (Hendrinapad) gesien. Hy wou nie by die persoon inklim wat gestop het nie en gesê hy stap.

• As iemand weet waar mnr. Van Niekerk kan wees, bel me. Van Niekerk by 082 438 8570.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button