News

Kolgans dink hy is ’n makou

Middelburg het ’n kolgans met ’n identiteitskrisis!

Hy dink hy is ’n makou!

Terwyl hy blaas-blaas saam met die ander diere by die Amora Dierepark (by die Middelburg Stasie) rondloop, pik-pik hy ook op die grond vir iets te ete saam met sy makou-maters.

Me. Marietjie Britz (Amora Dierepark) vertel dat iemand met die piepklein kolgansbaba by haar aangekom het in 2021.
Om seker te maak die katte vang hom nie, het sy hom vir ’n rukkie by die makoue in die hok gesit.

Nadat hy groot genoeg was om veilig buite rond te loop, het hulle hom uitgevat.

“Ek laat hom vry rondloop, want kolganse mag nie op hok gehou word nie en hy is vry om te vlieg waar hy wil. Waar ander kolganse elke winter wegvlieg, het hy besluit, hy wil ’n makou wees en klaar!”

• Persone wat die kolgans van nader wil bekyk, kan gaan inloer by die Amora Dierepark.

Toegang is R10 per persoon, wat aangewend word om die park in stand te hou en die diere te voed.

Vir enige navrae, bel me. Britz by 079 450 2336.

@middelburgobserver

Amora Dierepark se kolgans dink hy is ’n makou

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button