News

Carla van der Spuy: ‘Bloed Op Haar Hande’

As vrou uit tronk uit kom, wil sy 'n kroeg én kerk begin!

Na die ‘Mens of Monster’ boek, het Carla van der Spuy, besluit om te fokus op vroue en het ‘Bloed Op Haar Hande’ geskryf.

Carla, ‘n joernalis en skrywer, was die spreker by ‘n oggend van hoop wat aangebied is by Olifants River Lodge.

Ons publiseer graag ‘n reeks oor die praatjie, omdat haar staaltjies en verhale elkeen op sy eie so interessant was.

Om die boek ‘Bloed Op Haar Hande’ te kon skryf, het sy met vroue gepraat wie se mans vermoor is.

“Ek het gevind dat as dit nie vir mans was nie, was daar nie vroue in die tronk nie!”
Sy het vroue gaan besoek in verskeie vrouetronke, ook in Middelburg, en met vroue gepraat wat hul mans in ’n woedebui vermoor het.
“Nie een het ’n sprokiesagtige agtergrond gehad nie. Almal is mishandel of seksueel geteister en die vaderfigure was deurlopend afwesig.”
Wat vir haar die wreedste was, was die vroue wat huurmoordenaars gekry het. “Want hulle beplan ’n moord koud en kil en betrek ander mense, maar hulle is die meesterbrein.”
Carla het met ’n vrou van Middelburg gepraat, wie se man haar verneuk het met kelnerinne by haar ‘tavern’.
Die vrou het haar vertel dat sy ’n paar manne gekry het om hom net skrik te maak, maar toe slaan hulle hom per ongeluk dood.
“Sy was ’n leier in die tronk by die kombuis, dansgroepe en het teologie en B.Com gestudeer. Sy het albei haar eksmans se trou- en verloofringe gedra. Sy het gesê as sy uitkom, begin sy weer die kroeg en sommer ’n kerk ook!”
Carla het ook die twee blonde Afrikaanse vroue van Bethal onthou wat mense gehuur het om hul mans uit te haal. Beide het lewenslank gekry.

“Hulle het alles ontken en geen berou getoon nie.”

• In die volgende berig van die reeks oor haar praatjie, word vertel van die boeke veldtog vir tronke waarby sy betrokke geraak het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button