News

Hond aan boom met kabel vasgemaak

Tank is veilig...in sy eienaar se arms!

Mnr. Kabelo Setlhodi het pas sy hond kom haal by mnr. Arthur Hill, van die Dagpatrollie.

Tank het uitgekom vroeër vanoggend by hul erf in Klaseriestraat (Aerorand) en hy het vir bykans ’n uur in die omgewing rondgery om sy hond te kry.
Mnr. Setlhodi het op die gemeenskapspolisiëringsforum se Sektor 3-groep gevra dat almal vir sy hond moet uitkyk.

Mnr. Hill het ook van die verdwyning van die hond te hore gekom en die area gefynkam.

Op die hoek van Oranje- en Van der Merwestraat (naby Vergeet-My-Nie) het hy die hond opgemerk wat met ’n USB-kabel aan ’n boom vasgemaak is.

“Dit is daar waar hulle die meubels op die oop stuk erf verkoop. Die een ou wou nog die hond aan my verkoop vir R200, maar ek het vir hom gesê dit is iemand se hond en ek gaan hom nie betaal nie,” sê mnr. Hill.

“Jy moes sien hoe het Tank baklei om los te kom van die kabel. Hy was so bly om my te sien en ek maak hom los,” het mnr. Hill omgekrap gesê.

•Hy het mnr. Setlhodi gebel en voor die Middelburg Observer se kantore gekry om die hond terug te gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button