News

Fietsdief spring soos vlakhaas oor mure

Dit is later bepaal dat die dief, wat binne die motorhuis betrap is, ’n fiets by die bure wou steel.

Blitsige reaksie onder Noodroep Radiogroep (NRRG) Sektor 3 lede, het gelei tot die arrestasie van ’n dief, wat soos ’n haas oor mure gespring het.

Rachel Kies van NRRG Sek 3, het vertel hoe ’n boosswig toegang gekry het tot ’n erf in Vosstraat nadat hy op ’n drom getrap het.

Die dief het die fiets oor die heining getel toe ’n motoris hom raaksien en met sy toeter alarm maak.
Die huiseienaar is uit om te kyk wat aangaan toe sy die dief in haar motorhuis betrap. Hy het dadelik gevlug met die motoris agterna.

Sektor 3 lede is na die toneel ontbied, en met die hulp van Mid Alarms en CSC Tactical se reaksie offisiere is die dief vasgetrek.

“Ons bedank elke Radiogroep Sek. 3 lid, die sekuriteitsfirmas en die motoris en huiseienaar vir julle vinnige optrede,” het Rachel afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button