News

Eienaar van kar na bewering by “satanisme” betrokke

Die eienaar van die kar wat al drie weke in die Midwater-sentrum se parkeerterrein staan, behoort na bewering aan ’n vrou “wat by satanisme” betrokke is “dwelms” gebruik en wie “se kinders by haar weggeneem is”.

Nadat ’n berig oor die kar op die Middelburg Observer webtuiste geplaas is, het verskeie mense navore gekom met inligting.

Daarvolgens was die vrou en haar tweejarige kind op Middelburg in ’n veiligheidshuis geplaas. Drie ander kinders is glo voorheen uit haar sorg verwyder.

Lees ook: 

Raaisel verdiep daagliks oor voertuig wat al drie weke by sentrum staan

Sy het die kar laat herstel sodat sy vervoer kan hê om te begin werk, maar die onderneming wat aan die voertuig gewerk het is glo nie betaal nie. Hulle het toe die kar met ’n sleepwa na Midwater gesleep en dit net daar gelos.

Die vrou is intussen terug na Johannesburg en daar is nie weer van haar gehoor nie.

Die Middelburg Observer het wel ’n nommer bekom van ’n familielid wat dit aan die sentrum se bestuur beskikbaar sal stel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button