News

Motorfietsryer tref bees, hond laat hom beter voel

Beter met motorfietsryer wat in ernstige ongeluk was.

’n Bees het hom in die hospitaal laat beland en nou laat ’n hond hom beter voel.

Rudolph Hibbert (57), wat ernstig beseer is toe hy ’n bees getref het met sy motorfiets, het die afgelope week hondeterapie in die Milpark Hospitaal ontvang.

Dit gaan beter met Rudolph nadat hy ernstig beseer is in ’n ongeluk op die Loskopdampad op 3 Junie. Hy is later per helikopter na die Netcare Milpark Hospitaal oorgeplaas.

Rudolf was vroeër die betrokke dag in ’n ongeluk met sy Harley Davidson toe ’n bakkie voor hom ingedraai het by Doornkop. Hy het nie beserings opgedoen nie en is huistoe om sy ander motorfiets, ’n GS 1200cc, te gaan haal.

Hy het weer uitgery op die Loskopdampad op pad na die ‘Sons of JHB-Jol’ toe hy ’n bees tref.

Lees ook:

Motorfietsryer ernstig beseer na hy bees tref

Rudolph is gestabiliseer in die Life Midmed Hospitaal en daarna met die helikopter oorgeplaas na Milpark.
Hy was sedert die ongeluk in die trauma intensiewe-eenheid en is gister geskuif na die hoësorg-eenheid.

Sy vrou, Sarie, sê hy het al drie operasies aan sy regterarm- en hand gehad om beenbreuke en ligamente te heg.
Hy het ook ’n baie lang operasie ondergaan om sy gebreekte ribbes te heg.

“Die vog dreineer nog van sy longe en hy kry suurstof. Daar is baie goeie vordering en Rudolph beweeg rond met die hulp van die fistiorapeute.”

• Rudolph is hierdie week verras met ’n span wat terapiehonde ingebring het hospitaal toe om vir hom te kom kuier.

• Hy het ook ’n video uit sy hospitaalbed gemaak om almal te bedank wat vir hom bid en hulle ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button