Oproep om gesin wat alles in huisbrand verloor het, te help
Die gesin wie se huis gister in Van Elderstraat 3, Gholfsig, aan die brand geraak het, het bykans álles verloor.
Die gesin en hul hond het met basies die klere aan hul lywe oor.
Rdl. Elsie Vermooten het kort na die verwoestende brand ’n WhatsApp-boodskap uitgestuur waarin sy vra dat die gemeenskap bydraes moet lewer om hulle weer op die been te help.
Mnr. Braam Jacobs, sy vrou Jemel, hul drie jong kinders en die kinderopasser gaan tans by sy ouers tuis in Sangirostraat 2.
Lees ook:
Dit wat hulle tans die nodigste het, sluit in:
• Mans Klere – 2xl
• Vroueklere – groot en medium
• Dogtertjieklere – 24-36 maande
• Seuntjieklere – 4-6 jaar
• Baba Klere- 3-6 maande
• Doeke – Pampers #5 (seuntjie) en Pampers #2/3 (baba).
Lees ook:
Hulle benodig ook die volgende items:
• Badbenodigdhede
• Baba skoonmaakmiddels
• Handdoeke
• Komberse, groot, asook vir die baba en medium vir die kleuters.
• Kos en enigiets anders wat die gesin in hierdie tyd kan opbeur.
Skenkings kan by mnr. Jacobs se ouers afgelaai word of bel rdl. Vermooten by 082 338 7736.
“In hierdie tyd van nood het ons mekaar nodig,” het rdl. Vermooten gesê.
