News

Soos klein oorloggie toe ‘skote’ inwoners in huise laat skuil

Een inwoner het gesê hy tot 200 skote getel.

“Wat se geweerskote klap so?”
“Dit klink soos ’n klein oorloggie”.
“Een van die koeëls is nounet oor my kop.”

Dit was van die kommentaar nadat verskeie “skote” gisteraand vanaf die middedorp se kant, die Stoffbergpad en uiteindelik in Dennesig, geklap het.

Veiligheidsgroepe was in rep en roer terwyl inwoners agter toe deure geskuil het.
Die sarsies “geweervuur” gaan nou vir weke aan.

Mnr. Arthur Hill is uit na vanwaar die skote gekom het en het later op sy Dagpatrollie-groep rapporteer dat “iemand besig is om rond te neuk” want hulle kry geen toneel waar daar geskiet word nie.

Die eerste sarsies is omstreeks 8:45 gehoor, daarna weer om 21:30.

Daar was later die aand weer ’n kort sarsie wat inwoners uit hulle beddens laat wip het.

Later die aand is die skuldige uiteindelik geïdentifiseer. Mnr. Hill het gesê ’n swart BMW-voertuig “het soos ’n absolute maniak verby hom gejaag en sodra hy sy voet van die petrol afhaal dan klink dit soos ’n oorlog.”

“Dit klink soos ’n klein oorloggie, dit is malligheid”.

Die “skote” uit die BMW is glo sagteware wat afgelaai kan word op jou voertuig en staan bekend as “pop a bang”.
’n Inwoner het gesê die tipe sagteware sal verbied moet word in die land.

Intussen kla inwoners dat hulle nie gaan weet wanneer dit werklike geweervuur of “pop a bang”-grappies gaan wees nie. Die laaste twee weke was daar kapings op die dorp waar die polisie en die kapers in ’n skietery betrokke was en toe was dit werklike geweervuur.

Lees ook:

Skote klap – Een kaper gearresteer, twee op die vlug in Kanonkop en Middedorp

Nog skote klap tydens konfrontasie met kaper by pomphuis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button