News
Moordenaars van bejaarde was jong mans
Die wreedaards wat twee bejaardes in Belfast in hul huis aangeval het was twee “jong, klein geboude mans”.
Daar is verneem dat die booswigte toegang tot die egpaar se huis verkry het, deur die stoepvenster by die agterdeur uit te haal.
Die bejaarde man se liggaam was nog in sy stoel in die kombuis, waar hy aan sy beserings beswyk het.
Die vrou is vasgemaak en ook aangerand.
Hul kleinseun het vanoggend op hulle afgekom en dit blyk dat die voorval laat gisteraand plaasgevind het.
Die beseerde bejaarde vrou is per ambulans hospitaal toe geneem.
•Die slagoffers se name is nog nie bekend gemaak nie.
Lees ook:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
