News

Video: Groep haal Fortuner opsporingstelsel agter Mica uit!

Die kardiewe wat Dinsdag ’n silwer Fortuner in Walter Sisulustraat gesteel het, het minute later agter Mica gestop en binne drie minute die opsporingstelsel verwyder.

Mnr. Marius Pretorius (bestuurder, Middelburg Mica) het die videomateriaal beskikbaar gestel om die publiek te vra om op die uitkyk te wees vir die kardiewe en hul voertuie.
Hy is genader om op hul kameras te kyk nadat mnr. Frik Buitendach se silwer Fortuner Dinsdag gesteel is.

Hulle het al die CCTV-videomateriaal nagegaan en gesien dat die groep minute nadat die Fortuner gesteel is in Walter Sisulustraat, reguit na die parkerings agter Mica gery het in De Villiersstraat.

’n Silwer nutsvoertuig het langs die Fortuner gestop en het ’n groep mans saamgewerk om die stelsel buite aksie te stel.

’n Voertuig, wat lyk soos ’n Nissan nutsvoertuig (SUV) kom aangery uit Laverstraat en stop in die parkering in De Villiersstraat.

Kort daarna kom ’n NP200 bakkie ook van dieselfde rigting af, ry agter die nutsvoertuig verby en gaan stop ’n entjie boontoe, naby die dokters spreekkamers in die pad.
Net daarna stop die silwer Fortuner langs die nutsvoertuig.

Mans klim uit die voertuie en die bestuurder van die NP200 bakkie kom ook later in die pad aangestap na die ander twee voertuie toe.

In die agtergrond kan die NP200 bakkie gesien word wat ook deel was van die groep, want die bestuurder van die bakkie het later afgeloop tot by sy makkers.

Mnr. Pretorius sê as jy mooi na die video kyk, neem dit hulle net oor die drie minute om die opsporingstelsel buite aksie te stel, voor hulle weer uit die parking wegry.

Hy is oortuig dat dit dieselfde groep is, aangesien hulle net so vinnig as gisteraand se voorval die opsporingstelsel buite aksie gestel het.

Lees meer:

Nothing can stop these clever car thieves

Silver Fortuner stolen moments ago

 

 
Back to top button