News

Tarries ontbos na aanval op twee vroue

Die Steve Tshwete Munisipaliteit is tans besig om die bos aan die bo-kant van die Tarries fietsrybaan oop te kap.

Aerorand inwoner en ’n aktiewe fietsryer in die gemeenskap, Cobus Fourie, sê dat die munisipaliteit se vinnige ingryping na die aanval op Yvonne Swanepoel prysenswaardig is.
Yvonne (42) is Saterdagoggend met ’n mes in haar bors gesteek nadat drie jong mans op haar en Liesl Meyer toegesak het, en haar van haar fiets beroof het.

“Dat die munisipaliteit so vinnig reageer het, en dat een man in een dag soveel werk kon vermag wys dat hulle vir ons inwoners omgee,” het Cobus vertel.

Die fietsry gemeenskap het die munisipaliteit bedank dat hulle so vinnig ingegryp het.

Die bosarea is deur groot aantalle bosslapers en haweloses oorgeneem.

Daar is tydens ’n vorige ondersoek deur een hawelose aan die Middelburg Observer gesê dat as iemand na gesteelde fietse soek, moet hulle na Iraq Taxistaanplek toe gaan.

@middelburgobserver

Tarries MTB course deforrested after stabbing of cyclist. #MTB #Tarries #TarriesMTB #Cycling #Middelburg

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Lees ook:

Die land is aan die brand: Sportmanne en vroue al meer beroof, verkrag, vermoor

Vroue fietsryers vertel: “Só is ons met messe aangeval”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button