News
Telkom maak blitsvinnig mangat toe
Daar is vinnig opgetree om die oop mangat, waarin ’n tiener meisie geval het, toe te maak.
DA Raadslid Sanmari Wait het pas laat weet dat sy Telkom ingelig het van die voorval waar 19-jarige Leichen du Rand beserings opgedoen het nadat sy Vrydagaand by ’n oop mangat in Lilina Ngoyistraat ingeval het.
Daar was onsekerheid aan wie die mangat behoort nadat ’n Telkom skakelpersoon telefonies aan die Middelburg Observer gesê het dat die mangat aan Open Serve behoort.
Volgens Rld. Wait, is Telkom egter op die toneel besig om te werk, en dat die gat teen vanaand toegemaak sal wees.
Leichen het ’n diep gat in haar skeenbeen opgedoen, asook skraapwonde en kneusplekke toe sy by die gat in geval het.

Lees meer:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
