News

Ons bly in Wilde Weste…man hardloop met pistool in hand straat af

’n Inwoner van Aerorand het Saterdagmiddag ’n man in die straat af sien hardloop met ’n 9mm pistool in die hand.

Dié kommentaar het gevolg na aanleiding van ’n berig vanoggend op die webtuiste waar inwoners van Aeorand Sondag in die vroeë oggendure gewek is met skote wat afgevuur is.
Mnr. Nico Nagel sê hy ken die voertuig wat ’n klapgeluid maak soos ’n wapen, maar dit was beslis nie dit nie.

“Daar het ’n paar skote geklap en ’n klein rukkie later nog ’n paar skote.” Hy het sowat 20 skote gehoor en sê dit het geklink soos ’n 9mm pistool. Hulle het ook die eggo daarvan gehoor.

Kort na die berig op Facebook geplaas is, het Wynand Pretorius in sy kommentaar gesê dat hy buite was en dat dit ’n kar was wat in Keiskammastraat afgery het.

WK Visser het gesê dat daar ’n man Saterdagmiddag omstreeks 15:00 verby hul huis in Diepstraat (Aerorand) gehardloop het met ’n 9mm in die hand.
Die man het in die rigting van die Midwater Sentrum gehardloop.

“Ons het so groot geskrik, want daar was kinders buite by my. Het hulle net gegryp en in gehardloop.”

Elmarie Potgieter het gesê dat sy dit ook gehoor het. “Maar dit gebeur redelik gereeld!”

Lees ook:

Nagskieter ruk ouers wakker

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button