News

Nagskieter ruk ouers wakker

Skote wat geklink het asof dit met ’n 9mm pistool afgevuur is, het inwoners van Aerorand en Uitbreiding 18 Sondag in die vroeë oggendure wakker geruk.

Op WhatsApp-groepe is gesê dat dit omstreeks 01:30 was.

Alhoewel daar in die verlede al bespiegel is dat dit ’n BMW is, wat met toerusting toegerus is wat soos geweerskote klink as hy ry, het van die mans dit duidelik gestel dat dit beslis nie die BMW was nie.

“Jy kon die eggo hoor van ’n wapen wat afgevuur is,” is gesê.

Daar is genoem dat 20 skote gehoor is en dat dit geklink het asof dit van die Athlonedam se kant af gekom het.

Mense wat by Hope City bly het ook laat weet dat hulle die skote gehoor het.

• Daar is navraag gedoen by noodgroepe, waaronder die Noodroep Radiogroep Sektor 3, die Gemeenskap in Blou en sekuriteitsfirmas, maar niemand het daarvan gehoor nie.
Dit is ook nie by die polisie aangemeld nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button