News

Liggaam in bagasiebak – vier weer voor vir moord en ander aanklagte

Die saak waar drie mans en ’n vrou aangekla word nadat ’n jong man se oorskot in ’n uitgebrande voertuig gekry is, het weer voorgekom.

Die vier beskuldigdes in die Danie Maritz (27) moordsaak, het vanoggend weer in die Middelburg Landdroshof verskyn.

Danie is die nag van 15-16 November in Middelburg vermoor en sy oorskot in ’n bagasiebak van ’n voertuig gelaai. Daar is met die voertuig tot in Clewer naby eMalahleni gery waar die voertuig, met Danie se oorskot nog daarin, aan die brand gesteek is.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/23/lyk-in-bagasiebak-beskuldigdes-is-harteloos-en-gevaarlik/

Drie verdagtes, Alex Grobler (beskuldigde een), Jan Jordaan (beskuldigde twee) en Angie Appelgryn (beskuldigde drie) is kort na die moord gearresteer.

Angelique (Angie) Appelgryn.
Alex Grobler.
Jan Jordaan.
Kobus Pretorius.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/22/beskuldigde-kobus-het-hom-doodgemaak/

Die vierde verdagte, Kobus Pretorius het hom later, terwyl die borgverhoor van die ander drie al aan die gang was, oorgegee.

Grobler en Appelgryn het borg gekry (met spesifieke voorwaardes), maar Jordaan se borg is geweier omdat hy positief met die moord verbind word.

Pretorius het tydens sy eerste verskyning sy borgaansoek laat vaar.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/12/07/vierde-beskuldigde-in-moordsaak-laat-vaar-borgaansoek/

• Tydens hul verskyning vanoggend is Appelgryn se borgvoorwaardes sodanig aangepas dat sy buite die wyke van Middelburg en eMalahleni (waar sy woonagtig is) mag beweeg.
Die saak is uitgestel na ’n latere datum en Jordaan en Pretorius bly in aanhouding.

Lees ook:

https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2023/11/20/familie-probeer-sin-maak-uit-onsinnige-moord/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button