News

Man in Mercedes probeer loop van kanon verkoop

’n Man in ’n ligte roomkleurige Mercedes Benz, het vanoggend net na 08:00 probeer om die kanonloop van Hoërskool Kanonkop te verkoop aan ’n skrootmetaal besigheid.

Hoërskool Kanonkop se kanonloop is vanoggend tydens beurtkrag gesteel en die skool het ’n R2 000 beloning aangebied vir inligting wat sal lei tot die terugvind daarvan.

Groot was hul verrassing to mnr. Clint Vorkel (van Bongani Metal Traders) kort voor 13:00 die kanonloop terugbring en sê dat iemand dit probeer verkoop het aan die skrootmetaal besigheid.

Me. Mary Louw (van Bongani Metal Traders) sê ’n man het om 08:03 in ’n Mercedes voor die besigheid gestop en ’n paar los staalartikels verkoop.
Hy het ook die kanonloop probeer verkwansel.

“Een van ons werkers het gevra waar hy dit kry, waarop hy gesê het dit het aan sy oupa of ouma behoort.”

Op daardie tydstip het sy reeds die man se identiteitsnommer, sy naam, adres en telefoonnommer geneem.
“Almal wat by ons skrootmetaal verkoop, se besonderhede word gevat.”

Die man het egter skielik verdwyn toe die werker aanhou vrae vra oor die kanonloop.

“Hy het net omgedraai, in die Mercedes geklim en gery.”

Nadat hulle begin navraag doen het oor aan wie die kanonloop behoort, het een van hulle op Facebook gesien dat die skool na die kanon soek. Een van die werknemers het daarna die kanonloop by die skool gaan afgee.

• Die persoon wat die kanonloop probeer verkoop het, se naam en selnommer is aan die Middelburg Observer bekend. Die nommer probeer is verskeie kere gebel maar is af.

• Hoërskool Kanonkop wil graag die span van Bongani Metal Traders bedank wat die kanonloop aan hulle terugbesorg het.

Lees ook:

Skool se knal is stil – kanon gesteel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button