News
Swart Polo hou huise dop
’n Swart VW Polo, met insittendes wat vermoedelik huise dophou, is gister in Dennesig opgemerk.
Met inbrake en diefstalle wat tans erg toeneem, is inwoners gewaarsku om waaksaam te wees nadat daar gesien is hoe die VW Polo stadig deur die woonbuurt ry en by verskeie huise gestop het.
’n Inwoner het die verdagte voertuig op die Dagpatrollie veiligheidsgroep gerapporteer, en is op ’n stemboodskap gesê dat dit bevestig is dat die kar se nommerplate vervals is.
• Die stemboodskap sê ook dat twee mans met rooi berette op hul koppe, in die kar gesien is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
