News
Vatso! Die Anker deur Rooies gesink in rugby kragmeting
Daar was musiek, dansery en honderde ondersteuners toe HTS Middelburg en Die Anker van Brakpan mekaar Saterdag gepak het.
Met soveel adrenalien wat vooraf opgepomp is, was dit nie ’n verrassing toe daar vroeg ’n relletjie was nie.
Koelkas is net wat dit sê, jy gaan koel af. Nadat ’n HTS Middelburg speler sy tien minute in die stoutkas deurgebring het, het die kragmeting sonder voorval verloop en het die Rooies se eerstes met 30-7 gewen.
Uitslae vir die dag HTS Middelburg eerste genoem:
Eerstes wen 30-7.
Tweedes 55-12.
Derdes wen 8-0 teen Steelcrest se eerstes,
16A 33-19.
16B 12-22.
15A 17-5.
15B 34-17.
14A 15-0.
14B 25-15.
Die manne was vir 'n paar sekondes warm onder die kraag vroeg in die wedstryd tussen HTS Middelburg en Die Anker. pic.twitter.com/QqdIPmAAGf
— Middelburg Observer (@MiddelburgNews) February 26, 2024
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
