News
Ouma Joyce is nou “famous”
Ouma Joyce is nou famous, want sy was nie net op die Middelburg Observer se webtuiste met haar dansies nie, maar het ook gaan draai by Kosmos Stereo, Jacaranda 94.7 en het ’n hele blad vol geblom in Huisgenoot.

’n Paar weke terug het sy met Valentynsdag almal verwelkom by Food Lovers Market en Saterdag het sy weer by die Janmy Vulstasie gaan inloer.
Die spanne van Alurail, Alurail Graphic en Martin’s Funerals het saam met haar en Kosmos Stereo gekuier.
Sy lag prettig en vertel hoe sy kalenders uitgedeel het vir Martin’s Funerals en ook by hulle vriendskapsbande gesmee het.
“Net gisteroggend het ek vir my dogter gesê ek wil nog een of ander tyd by by Hobo’s Cagé gaan inloer, en daar is ek sommer die Observer se “Inwoner van die week” én ek kan by Hobo’s gaan kuier!” sê sy toe sy haar prys kom haal.
• Ouma Joyce is Saterdag te sien by die Middelburg Stasie se maandelikse markdag. Haar seun, Brian Voget, gaan vir vermaak sorg.
Lees ook:
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.