
Tragedie het die Knoesen gesin weer getref met die afsterwe van Harry Knoesen (Junior), die seun van die voormalige pastoor, politikus en veroordeelde terroris, Harry senior, wat tans lewenslange gevangenisstraf uitdien.
Harry junior is die afgelope naweek oorlede aan ’n hartaanval, volgens sy ma Hester, wat tans baie siek is.
Volgens Hester is dit die derde seun wat hulle aan die dood afstaan met Harry se ander sibbe, William en Hector, wat in padongelukke omgekom het.
Hester koester haar laaste oomblike met Harry wat haar die naweek voor sy dood nog besoek het.
Hy is kort na die besoek oorlede.
Hester sê alles dui daarop dat Harry ’n “reuse hartaanval” gehad het.
Hy het vir jare sy eie besigheid bedryf, maar is intussen uit die dorp weg, sê Hester.
Sy het versoek dat die gesin se privaatheid gerespekteer word.