
Die eienaar van uBhetyan o Africa, Deon Cornelius, het Maandag ’n deel van sy vinger aan sy een hand verloor, toe hy deur die wildsplaas se mak hiëna met die naam Ed, aan die hand beetgekry is.
Cornelius het vertel dat hy besig was om ’n elektriese heining op die plaas te herstel, toe Ed teen hom begin skuur het.
“Ek het Ed weggestoot toe hy skielik na my gaps.”
Hy kon daarin slaag om die hiëna se kake van sy hand af te kry, waarna hy uit die hok is.
Hy is hospitaal toe gejaag waar ’n gedeelte van sy vinger geamputeer en die wonde in die teater skoongemaak is.
’n Tweede vinger het ook sleg seergekry en kan ook moontlik geamputeer word indien behandeling nie suksesvol is nie.
Daar is ’n sny in die vinger gemaak om infeksie te help beheer.
Mnr. Cornelius is op die been en sy reuse hand is tans nog toegedraai in verbande.
Hy sal gereelde opvolg behandeling ontvang om die ander vinger te help red.