KYK: Twee vas vir kabeldiefstal toe Mid-Alarms toeslaan
Twee mans is vanoggend kort voor 03:00 op die hoeke van Kogel- en Morkelstraat gearresteer deur die polisie, nadat Mid-Alarms die twee vasgetrap het waar hulle besig was om kabels te steel.

“Sifiso en Kevin”, soos die verdagtes hulself aan Mid-Alarms geïdentifiseer het, is gevang met verskeie stukke gereedskap wat gebruik word vir die steel van kabels.
Volgens Johan Oberholzer, operasionele bestuurder van Mid-Alarms, het die beheerkamer omstreeks 02:45 ’n oproep van Morkelstraat inwoners gekry, met die nuus dat die inbeller staan en kyk hoe een van die verdagtes besig is om by ’n paal op te klim.
Reaksiebeampte CP Kotze het hom na die toneel gehaas waar kollega Divan Britz ondersteuning gebied het.
Twee mans is op die hoeke van Kogel- en Morkelstraat opgemerk en ondersoek.
Daar is toe op die gereedskap afgekom, en die polisie is geskakel.
Beide Sifiso en Kevin is toe gearresteer, en sal na verwagting vandag in die hof verskyn op klagtes van diefstal en die beskadiging van kritiese infrastruktuur.
Oberholzer het aan die Middelburg Observer gesê dat Mid-Alarms reaksiebeamptes onder geweldige druk werk tydens beurtkrag, wanneer infrastruktuur veral geteiken word.
“Ons is baie trots op ons span wat suksesse behaal, baie maal in stikdonkerte,” sê Oberholzer.
Die Mid-Alarms reaksiebeamptes het op verskeie pale in die area afgekom wat reeds geknip was.
Die munisipaliteit sê skade beloop maandeliks meer as R1 miljoen om kragkabels te vervang, waarvoor daar nie begroot is nie.
Oberholzer het ook die lid van die publiek geloof vir die wenk.
@middelburgobserver Two men were arrested after cutting electrical cables to steal the components. This is the aftermath of their escapade. #cabletheft #theft #middelburg #mpumalanga #crime #southafrica #southafricacrime