Geliefde onderwyseres skielik oorlede
'n Oud joernalis van die Middelburg Observer en onderwyseres van Steelcrest High School, Le-Anne Potgieter-Toua, is gister skielik oorlede.

Alhoewel die oorsaak van haar dood nie bekend gemaak is nie is verneem dat sy ‘n epeliptiese-aanval gehad het.
Sy was ‘n skrikkeljaar baba wat op 29 Februarie 2024 haar 40ste verjaardag gevier het.

Steelcrest het in ‘n huldeblyk op sosiale media gesê Le-Anne was ‘n personeellid wat die skool opgehelder het.
Sy het ‘n passie vir onderwys gehad en haar unieke persoonlikheid en humor sal gemis word, sê die skool.

‘n Gedenkdiens word Dinsdag by die skool gehou.
Haar begrafnisdiens is Woensdag om 12:00 uit die NG Kerk Kanonkop.
*Sy was voorheen met die bekende polisieman, Pottie Potgieter getroud wat ‘n paar jaar gelede aan ‘n hartaanval oorlede is. Sy laat ‘n dogtertjie uit die huwelik agter.
