News

Muis in huis kry ’n Kallie sKo(rb)p

’n Muis in die huis van die Korbs is met ’n wafferse Morné Steyn ‘dropkick’ hemelwaarts gestuur.

Kallie Korb vertel dat hulle die naweek gesit en kuier het, toe sy dogter afkom op ’n video wat sy vrou, Renate, al in Desember geneem het toe hulle moeilikheid met ’n muis in die huis gehad het.

Sy het besluit om dit op Facebook te plaas.

Kallie sê hy het nie met opset die muis geskop nie.
“Dit was blote reaksie!”

Hy sê dat die muis skade veroorsaak het agter hul televisie en sy dogter, Zané, was uit op ’n muisjag.

Die volgende oomblik het die muis direk op hom afgehardloop en het hy uit reaksie uit soos ’n wafferse losskakel losgetrek en geskop.

“Die muis het reg langs my vrou, wat besig was om ’n video te neem, se kop verbygevlieg! Ons sien nou die reaksie op die video het net so erg rondgevlieg!” sê hy laggend.

• Daar word betroubaar verneem dat die muis daarna by die deur uit verdwyn het en nooit weer teruggekom het nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button