News

Ongeluk in reën – Mark se lang pad na herstel

Die oud-Hoërskool Middelburg leerder het erge breintrauma opgedoen in ’n ongeluk en daar lê ’n lang pad na herstel vir hom voor.

Die familie van die 26-jarige Mark Nel het dringend hulp nodig om sy mediese kostes te dek, en doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle harte oop te maak.

Mark is na amper 60 dae in die intensiewe sorgeenheid van Witbank Hospitaal na ’n gewone saal geskuif en uiteindelik van sy assemhalingsmasjien af, maar sy familie wil hom graag sou gou moontlik by die huis kry onder die sorg van privaatverpleging, of verkieslik ’n rehabilitasiesentrum.

Milly Briggs het aan die Middelburg Observer gesê dat Mark moes gaan vir ’n prosedure om ’n dreineringspyp in sy brein te plaas, ’n trageostomy vir suurstof en ’n voedingsbuis. Hy kan tans kommunikeer deur klein liggaamsbewegings en sy oë te beweeg.

“Die Witbank Hospitaal kan net CT skanderings doen, maar Mark moet gaan vir ’n MRI skandering om die volle omvang van die skade te bepaal. Dit alleen is ’n enorme bedrag, om nie eers te praat van die rehabilitasiesentrum, wat meer as R500 000 beloop vir die beginfase nie.”

Daar is sedert die ongeluk vir Mark ’n Back-a-Buddy-fonds gestig om geld in te samel vir sy mediese behandeling.

Mark het die aand van 26 Januarie met sy voertuig in ’n boom vasgery op pad huis toe.

Volgens sy ouma, Rita Koen, was hy vanaf Midwater in Keiskammaweg, toe hy naby Cafe 101 beheer oor sy voertuig verloor het. Dit het die aand geweldig gereën en Mark het ’n plas water getref en beheer oor die voertuig verloor.

Hy het in Amerika geboer en was vir ’n paar maande tuis toe die ongeluk plaasgevind het. Hy het nie ’n mediese fonds nie.
Hy is na sy ma se afsterwe deur sy ouma en oupa, Rita en Andre Koen, grootgemaak.

Indien enigiemand graag bydraes wil lewer, kan hulle die volgende skakel na sy Back-a-Buddy fonds besoek:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/melissa-briggs-5846684486422601689?fbclid=IwAR1KxBB-TAh1SCH8HysVBiszj7JxIn9iiEr04oywyFiQ1KP20GoWNgYf66A

Alternatief kan Milly by 076 383 2041 gekontak word.

Mark Nel se voertuig na die ongeluk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button