News

Boek kom met waarborg: Jy gaan lag én huil!

Tobie van den Bergh se nuutste boek kom met ’n waarborg: jy gaan lag en huil!

Het dominee sy reguitlinker gebruik toe die halstarrige voetganger hom gekoggel het?

Hoe het die omgewing se bobaas luiperdvanger, Kosie Grobler, se onderbroek in die slag gebly?

Liggaamsbouer Broer Gunther wou graag sy gespierde been vir die redakteur wys en toe is daar ’n geggigel uit die redaksiekantoor…

Wat het met Rapport se man, Dawie van Heerden, gebeur nadat hy en bokser Mike Schutte mekaar “raakgedrink” het?

Die dag toe Peter Wheeler met sy toffieappel vroue op die dorp vuurwarm laat bloos het, het selfs Sondagkoerante daaroor berig. En toe?

Wat is die waarde van ’n teddiebeer?

Who cares for the wounded journalist?

Dit is alles vrae wat beantwoord word in die nuwe boek van veteraan joernalis, Tobie van den Bergh.

Die titel van die boek prikkel reeds die nuuskierigheid: “Ink is dikker as bloed”.

Na 48 jaar en drie maande as joernalis, redakteur en stigterslid van die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste in 1990 is dit ’n joernalistieke skatkis.

Die boek kom met ’n waarborg: Jy gaan lag én huil.

Die voorwoord is geskryf deur Caxton se groepredakteur, Irma Green.

Die drukwerk word tans deur die professionele span van Business Printers in Pretoria gedoen en die bekendstelling is op 4 April by die Middelburg Buiteklub om 18:00 met sang, videos, sop en sjerrie.

Vir bestellings of navrae bel die skrywer by 072 2201 568 of e-pos tobievandenbergh@gmail.com.

@middelburgobserver

Boek oor joernalistiek gaan lesers laat lag en huil #book #books #printing #printingpress

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button