News

Sleepwa en watertenk reeds uitmekaar gehaal

Die booswigte wat vanoggend 'n sleepwa met watertenk gesteel het, het dit blitsig uitmekaar gehaal.

Die sleepwa, met die tenk daarop, is in die vroeë oggendure in Renosterstraat (Kanonkop) gesteel.

Die inligting wat ontvang is, is dat die sleepwa vroegoggend deur die Middelburg Tolplaza gery het in eMalahleni se rigting.

In die huis is gereedskap en selfs stukke van ‘n motorfiets gekry, wat ook reeds heeltemal uitmekaar gehaal is.

Die berig is op talle groepe van hier tot Gauteng rondgestuur.

Vanmiddag is laat weet dat die sleepwa in Newtown, Mhluzi gekry is.

Die moontlikheid bestaan dat die booswigte op die ou Middelburg/Witbankpad teruggekom het tot by Newtown.

By ‘n huis het hulle die tenk met pype van die sleepwa afgehaal en alles van waarde ook van die sleepwa afgehaal.

Die polisie het inligting opgevolg en die sleepwa by die huis gevind.

Die verdagtes is steeds op vrye voet.

  •  Alles is teruggekry. Die sleepwa sal later aan die familie terugbesorg word sodra hulle die ondersoek voltooi het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button