Die skrywer, Tobie van den Bergh, sluit sy loopbaan Donderdag, 28 Maart af as redakteur van die Middelburg Observer. Hy gaan kantoor toe ry soos hy sy loopbaan begin het... met sy DHC 10-spoed resiesfiets van 1973. Bart Harmse en fietsryklub voorsitter Jaap Beyers het gesorg dat die fiets in tiptop kondisie is. Sy boek “Ink is dikker as bloed” verskyn op 4 April.
’n Aand van sop, sjerrie, musiek, treffende videos en ’n kort onderhoud wat joernalis en skrywer Hendrik Hancke met uitgewer van die nuwe boek “Ink is dikker as bloed” gaan voer, word op 4 April by die Middelburg Buiteklub aangebied.
Die boek is ’n samevatting van die interessante lewe wat die skrywer ervaar het in sy 48 jaar en drie maande as joernalis, waarvan 44 jaar as redakteur van die Middelburg Observer.
Die aand word gratis aangebied en boeke sal teen R299 te koop wees.
Daar is kaartfasiliteite beskikbaar.
Vir navrae, skakel die skrywer by 072 220 1568.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.