News

Waterponie in vroeë oggendure gesteel

’n Waterponie is vanoggend net voor 03:00 uit ’n erf in Skurwebergstraat (Aerorand) gesteel.

Mnr. Attie Olivier sê die boewe het die elektriese heining met stokke opgelig en oor die muur geklim.

Op CCTV-videomateriaal kan ’n mens sien hoe vier van die booswigte die staalhek van die spoor aflig en daarna die waterponie tot in die straat stoot, waar hy aan die bakkie aangehaak word.

Die elektriese heining is met stokke opgelig, sodat die diewe oor die muur kon klouter.

Dit lyk vir mnr. Olivier soos ’n enkelkajuit Toyota Hilux wat voor in die pad gewag het (een van die bure het hul CCTV-videomateriaal nagegaan en kon die bakkie gesien word).

Dit is ’n diepsee waterponie, met staanders aan die kante, vir diepsee hengel. Die waentjie waarop die waterponie is, se registrasienommer is JKC548MP.

Die waarde van die waterponie is R150 000.

Dit is ’n wit enkelkajuit bakkie wat die waterponie weggesleep het.

As enige persoon die sleepwa met waterponie opmerk, bel mnr. Olivier by 082 610 9979.

• Vroeër die dag is ’n VW Polo opgemerk wat van onder in die straat af opgery gekom het en ’n rukkie voor die Oliviers se huis gestop het. Die vermoede bestaan dat die insittendes die huis dopgehou het.

Die sleepwa, waarop die waterponie is, se registrasienommer.
@middelburgobserver

Thieves made off with jetski by lifting a gate off of its rail and hooking it onto a vehicle in Aerorand, Middelburg. #Middelburg #crime #theft #jetski

♬ original sound – MiddelburgObserver –

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button