News

Familie in rou gedompel na man van bakkie af val

“Ons wil net dankie sê vir Maryka vir wat sy vir ons boetie gedoen het, sy was ’n ster in sy lewe.”

Die familie van die 46-jarige Dawie Anderson is in rou gedompel na sy skielike afsterwe, maar oorweldig deur dankbaarheid vir die ondersteuning wat hulle tot nou toe ontvang het.

Dawie is Maandag oorlede nadat hy in Walter Sisulustraat van ’n bakkie af geval het.

Volgens Dawie se suster, Marié Botha, is Dawie en sy drie sibbe op Middelburg gebore en getoë en het Dawie aan HTS Middelburg gematrikuleer.

Daarna het hy vir baie lank as ’n elektrisiën by die Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit gewerk, maar later bedank en by ander besighede gewerk.

Marié het Dawie beskryf as ’n man van min woorde. “Hy het baie seer in die lewe gehad, maar was ’n wonderlike mens en baie lojaal aan sy familie en ons is besonders baie lief vir hom.”

Marié het ook met lof gepraat van Maryka Dannhauser, Dawie se lewensmaat, wat soveel vir hulle boetie gedoen het, en het haar “as ’n ster in sy lewe” beskryf.

Dawie word oorleef deur sy twee kinders, Leandri en Dawie jnr, Maryka en haar twee kinders, Jeanmari en Arno, sy ma Marie, susters en broer Hellen, Gideon en Marié, en Maryka se pa, Phillip.

’n Roudiens is voorloping gereël vir Vrydagoggend 10:00 vanuit die Corpus Christi Kerk.

“Soveel mense het ons ondersteun, en ons wil dankie sê daarvoor,” het Marié bygevoeg.

• Die volgende spesiale boodskap is vir sy ma gegee, en dra sy die boodskap aan haar seun op:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button