News

Fanus, die Fordjie en die Bloutrein

Radio-omroeper Fanus Rautenbach was die president van Flinkveria.

Hy was ook aanbieder van die program, “Flink uit die vere” wat jou wakker gemaak het met die Penniefluitjie-kwêla.

Só gewild was Fanus dat die Middelburg-dorpsraad in 1964 ’n 1928 Model T Ford aan hom skenk, as ambassadeur van die dorp.

Nadat hy een middag lekker weggelê het aan die gewilde ChuckWagon Restaurant se ribbetjies, is die eienaar, Danie Esterhuizen, opslag ’n adjunk-minister gemaak van die Flinkveria-kabinet.

Toe die Bloutreinwa langs ChuckWagon staangemaak is, was dit vanselfsprekend dat Fanus die seremoniemeester sou wees met die inwyding.

Maar soos die noodlot dit wou hê, kanselleer Fanus die afspraak op die nippertjie en ek word gevra om die aand stasiemeester te wees.
Middelburg hou daardie aand ’n moeder van alle partytjies.

Wat alles agter die skerms gebeur het en die verhaal van die Fordjie, word vertel in die boek “Ink is dikker as bloed” wat op 4 April by die Middelburg Buiteklub bekendgestel word.

Daar is 129 koerantstories wat wissel van die politiek, dominees, boemelaars, sport en natuurlik die joernalistiek.

@middelburgobserver

Boek oor joernalistiek gaan lesers laat lag en huil “Ink is dikker as bloed” vanaf 5 April te koop teen R299. Bestellings by Tobie van den Bergh 072 220 1568 of tobievandenbergh@gmail.com #booklaunch #book #books #tobievandenbergh #Middelburg #middelburgobserver

♬ original sound – MiddelburgObserver –

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button