News

Mark na meer as 60 dae in hospitaal, gisteroggend oorlede

Mark Nel (26), die oud-Hoërskool Middelburg leerling wat 60 dae in die intensiewe eenheid van die Witbank Hospitaal was na 'n ongeluk in Middelburg, is gisteroggend in die Middelburg Hospitaal oorlede.

Mark se familie was vanoggend nog geskok oor sy skielike afsterwe, nadat daar sodanige verbetering was dat hy van sy asemhalingsmasjien afgehaal kon word en Vrydag na die Middelburg Hospitaal geskuif is.

Hy het die aand van 26 Januarie vanaf Midwater in Keiskammaweg gery, toe hy naby Cafe 101 ‘n plas water getref, beheer oor sy voertuig verloor en ‘n boom getref het.

Mark het erge breintrauma opgedoen en is in die Witbank Hospitaal se intensiewe eenheid opgeneem.

Daar is ‘n prosedure gedoen om ’n dreineringspyp in sy brein te plaas, ’n trageostomy vir suurstof ingesit en hy het ook ‘n voedingsbuis gekry.

Mark kon tot kort voor sy dood kommunikeer met klein liggaamsbewegings en deur sy oë te beweeg.

‘n Back-A-Buddy fonds is begin, aangesien Mark vir nog skanderings en ook na ‘n rehabilitasiesentrum sou gaan.

  • Daar is nog nie begin met begrafnisreëlings nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button