News

Devon Hofmeyr en andere vlugtig weer voor Groblersdal Landdroshof

Anders as vorige hofverskynings, was vandag se hofverrigtinge in Groblersdal waar Piet Groenewald en sy stiefseun Stephan Greeff op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer, vlugtig afgehandel.

Groenewald en Greeff word van die aanranding op ’n werknemer van Wildlife Investigation and Protection Services, wat aan Groenewald behoort, aangekla.

Die slagoffer wat net vyf dae vir WIPS op Groenewald se plaas gewerk het, is aangespreek omdat hy glo besope an diens was.

Hy is na die Wips kantore geneem waar hy beweer Groenewald en Greeff hom aangerand het, en hy ook deur een van WIPS se sekuriteitshonde gebyt is.
Hulle was aanvanklik aangekla van poging tot moord, maar die staat se saak was so swak dat die klagtes weer na aanranding toe terug verander is.

Groenewald en Greeff se arrestasie het landwyd opslae gemaak, wat tot betoging buite die hof gelei het.

Vyf van hul ondersteuners, die Bittereinders se Francois van der Merwe en Devon Hofmeyr, is tesame met Tewie Wessels, Dries Olivier en Willem Petzer gearresteer vir opsweping tot openbare geweld buite die hof.

Van der Merwe, Hofmeyr, Wessels, Olivier en Petzer, het toevallig ook vandag in die Groblersdal Landdroshof verskyn op die klagtes teen hulle.

Francois van der Merwe, Willem Petzer, Devon Hofmeyr, Tewie Wessels en Dries Olivier.

• Groenewald en Greeff sal weer op 8 Mei vanjaar in die hof verskyn waar ’n verhoordatum vasgestel sal word.

• Van der Merwe, Hofmeyr, Wessels, Olivier en Petzer moet die dag daarna, op 9 Mei, weer ’n verskyning maak.

Al die beskuldigdes in beide sake ontken die klagtes teen hulle.

In hofstukke is daar gemeld dat die beskuldigdes vervolg word vir politieke gewin, met selfs die ministers van polisie en justisie wat ’n draai by vorige hofverskynings gaan maak het.

Groenewald en Greeff is steeds in aanhouding nadat borg geweier is.

Beide se hofverrigtinge, soos die van Van der Merwe, is wekelank uitgerek onder meer oor beurtkrag.

Van die verskynings het eers na 14:00 plaasgevind, wetende dat beurtkrag om 15:00 sou begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button