News

Afriforum tot die redding op N4

Afriforum bied nou bystand aan motoriste op die N4 waar toenemende gevalle van hinderlae met klippe en staalpenne vir motoriste gestel word.

Twee ernstige voorvalle waar een man met ’n mes dood gesteek is, en ’n ander van sy geld en besittings deur ’n gewapende bende van drie skurke beroof is, het gedurende die Paasnaweeek plaasgevind.

In die messtekery het die motoris oor staalpenne in die pad naby Donkderhoek gery.

In die ander geval het die roofslagoffer ’n reuse klip in die pad digby Bronkhorstspruit getref.

Beide slagoffers is onmiddelik oorval nadat hulle gestop het om die skade aan hul voertuie te betrag.

In die afwesigheid van die polisie, bied Afriforum nou noodbystand op die N4 tussen Pretoria en Komatipoort.
Buurtwagte van Mpumalanga en Gauteng is betrokke sê Afriforum.

Motoriste kan gerus die volgende nommers stoor:

• Afriforum Rayton/Cullinan – 083 271 6887

• Afriforum Bronkhorstspruit – 066 246 8198

• Afriforum Middelburg – 083 303 8784

• Afriforum Machadodorp – 082 891 1553 of 013 256 2003

• Afriforum Nelspruit – 076 950 1770

• Afriforum Malalane – 082 758 3689 of 087 551 3460

Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button