Vier sluise sal more om 07:00 gelig word om water uit die Witbankdam te laat.
Die dam is tans 96% vol.
Die sluise sal met 300 millimeter gelig word.
84 Kubieke meter water per sekonde sal uit die dam stroom.
Dit sal ook beteken dat miljoene water hiasinte Loskopdam se kant toe afgespoel kan word.
Die Olifantsrivier is vol van die waterpes.
Daar is intussen bevestig dat Witbankdam nie hiasinte het nie, en dat daar groot moeite gedoen word om die pes uit die dam te hou.
Daar is tans nog geen aanduiding dat die Middelburgdam sluise binnekort gelig sal word nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
