
Louwtjie Swart van Van Wettens Insleepdienste waarsku motoriste dat daar net een baan tans oop is in Kranspoort waar ‘n trok liters olie in die poort verloor het.
‘n Stop-en-gaan verkeersbeheer sisteem is tans in plek met net een baan oop vir motoriste.
Swart is op die toneel en las by dat Van Wettens die nodige voertuie reeds uitgestuur het om die trok uit die poort te kry.
Die olie sal ook eers skoongemaak moet word voordat al vier bane weer sal oopmaak.
Motoriste word gevra om die poort ekstra veresigtig te nader en op die uitkyk te wees vir Van Wettens en ander hulpverleners op die toneel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
