Vier weer voor na moord en liggaam in kattebak
Die vrou en drie mans wat beskuldig word van betrokkenheid by die moord en die latere aan die brand steek van 'n voertuig met Danie Maritz (27) se oorskot in die bagasiebak, het vlugtig in die hof verskyn.
Alex Grobler, Jan Jordaan, Angie Appelgryn en Kobus Pretorius het vlugtig in die hof verskyn.
Danie is die nag van 15-16 November in Middelburg vermoor. Sy liggaam is daarna in die bagasiebak van ‘n voertuig gelaai en tot in Clewer naby eMalahleni gery waar die voertuig, met Danie se oorskot nog daarin, aan die brand gesteek is.

Grobler, Jordaan en Appelgryn is kort na die moord gearresteer.
Pretorius het hom later aan die polisie oorgegee.
Borg is na ‘n twee weke borgverhoor aan Grobler en Appelgryn toegestaan. Jordaan se borg is geweier, omdat hy positief met die moord verbind word.


Pretorius het tydens sy eerste verskyning sy borgaansoek laat vaar.
Tydens die vier se verskyning, is die saak weer uitgestel na ‘n latere datum.
Jordaan en Pretorius bly in aanhouding.

